Welkom by Minkie se Kombuis

‘n Heerlike Kook en Leefstyl Joernaal in Afrikaans!

Welkom by Minkie se kombuis

‘n Heerlike Kook & Leefstyl Joernaal

Kom kuier saam op ons Facebook & per epos! Ons het ook n heerlike blog op die website met waardevolle Leefstyl & Reiswenke, interessante Potgooi episodes om nie eens te praat van ons lekker resepte nie!

Dis so lekker om n platform te he waar mens lekker kuiertjies & dinge kan deel saam met vriende en vriendinne wat mekaar inspireer en sommer net laat goed voel. En dit in Afrikaans!!!!

Om my kombuis tafel deel ons resepte, reiswenke, gesondheid, & allerhande leefstyl advies en ek wil jou aanmoedig om deel te word van ons gesellige VIP Tribe!

Ek het ‘n nuwe era in my lewe ingeskop – van gesondheids- en welstandsadvies na die opwindende wêreld van kreatiewe bemarking en storievertelling. Deesdae spandeer ek my tyd aan projekte wat vroue bemagtig om hul besighede met selfvertroue te bou, met praktiese wenke en ‘n bietjie bemarkingshulp wat maklik toepasbaar is. Dit is my passie om vroue te inspireer om hul unieke waarde in die wêreld uit te straal – en dit alles op ‘n manier wat eenvoudig, outentiek en gepas vir elke dag is. Gaan luister gerus na ons potgooi episodes op jou gunsteling platform!

My leefstylblog is ‘n plek waar jy as vrou kan ontspan en inspirasie kan kry, of jy nou op soek is na ‘n gesonde, maklike resepte, leefstyl idees of ‘n slim bemarkingstrategie vir jou besigheid. Ek deel idees wat jou lewe eenvoudiger, gesonder en ‘n bietjie meer aangenaam maak – want ek glo dat klein veranderings groot impak kan hê. Elke resep, leefstyl wenk en bemarkingswenk is ontwerp om jou te inspireer en te herinner dat jy al die krag het om ‘n lewe te skep waarvan jy hou.

Ek het ook ‘n groot liefde vir alles wat kosbaar is vir die moderne vrou – of dit nou ‘n maklike ete is om ná ‘n besige dag op die tafel te sit, of ‘n kreatiewe idee om jou besigheid uit te bou. My blog is daar om jou te ondersteun, te inspireer en jou ‘n paar lekker en praktiese idees te gee wat jy sommer dadelik kan gebruik.

Kom kuier saam met my op Facebook en per epis vir daaglikse inspirasie, en sluit aan by ons maandelikse goedvoel briefie vir ‘n klein dosis positiewe energie en praktiese raad wat jy in jou lewe kan insluit.

En ons potgooi-episodes? Perfek vir die kar oppad werk toe of in die kombuis – hier deel ek alles van bemarkingswenke tot gesonde leefstyl-inspirasie, reg op jou gunsteling potgooi-toepassing. Skakel gerus in op jou gunsteling potgooi toepassing of kliek sommer hier 

“Ons kry elke dag ‘n. nuwe skoon blaadjie om gesonder keuses te maak.  Nie net keuses wat gesond is vir ons fisiese welstand nie, maar ook vir ons geesteswelstand” – Minkie

Tuisgemaakte Lekker Huiskos

Gaan loer gerus deur ons resepte vir ietsie lekkers om te maak vanaand! 
Ons voeg resepte by elke maand, so bly gerus ingeskakel 🙂

My Blog

Nuutste artiekels

Teken op vir Minkie se

Lekker Kombuis Kuiertjies

Minkie se Kombuis Kuiertjies is n Lekker Kook & Leefstyl Joernaal in Afrikaans vir die dames. As jy lus vir n lekker “Feel-Good” briefie
in jou inbox so een keer per maand, los dan vir my jou besonderhede hieronder. Pinkie Promise jou besonderhede is veilig en ek belowe om
dit nie te smous nie. Ek sien regtig uit daarna om jou deel van ons Dames-Tribe te verwelkom!!

Liefde Minkie xxx

 

Gallery

Nuutste Fotos

Potgooi Episodes

Luister gerus na ons Weeklikse Potgooi Episodes hier of op jou gunsteling Potgooi Toepassing.