#2: Kry die Selfvertroue wat jy verdien!

by | Jan 25, 2021 | Podcasts

#2: Kry die Selfvertroue wat jy Verdien!

Beste Strategiee om selfvertroue te kweek

Ohhhh boy, as die selfvertroue gremlin eers sy kop uitsteek, dan hardloop ek sommer die vlaktes in.

Baie welkom by die 2de episode van Kuiers om die kombuistafel, en in hierdie episode ontdek ons n paar belangrike strategiee wat n mens moet implimenteer as jy meer selfvertroue wil he.

Wat beteken dit nou eintlik om selfvertroue te he?  Wel wat ek verseker weet is dat dit beteken nie jy dink jy is beter as ander mense nie.

Om selfvertroue te he beteken wel dat jy dit nie nodig ag om jouself met ander mense te vergelyk nie.  Dit beteken jy ken jou waardes en jy weet wat belangrik vir jou is in die lewe.

Ek het eenkeer iets raakgelees wat my nogals laat dink het.  Dit gaan oor die voeltjie wat styf vasklou aan die takkie terwyl die wind verwoed waai.  Daai voeltjie se vertroue is nie in die takkie, wat enige tyd kan breek, nie.  Sy vertroue is in sy vermoe om te kan vlieg.  Daai ou klein voeltjie weet wat belangrik is, en hy het vertroue in sy vlerkies.

Bepaal jou waardes – dokument linkKliek Hier

Teken hier aan by jou gunsteling Potgooi Toepassing:

Anchorhttps://anchor.fm/minkiesekombuis
Breakerhttps://www.breaker.audio/minkie-se-kombuis
Google Podcastshttps://www.google.com/podcasts?feed=aHR0cHM6Ly9hbmNob3IuZm0vcy80Njc2YjNkMC9wb2RjYXN0L3Jzcw==
Pocket Castshttps://pca.st/9bz4yzid
Radio Publichttps://radiopublic.com/minkie-se-kombuis-WDKyL9
Spotifyhttps://open.spotify.com/show/5tGTVPR6a5mKydgHZbvfQn
RSS Feedhttps://anchor.fm/s/4676b3d0/podcast/rss

Volg ons gerus op Sosiale Media by:

Facebook:  https://www.facebook.com/minkiesekombuis

Instagram:   https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/

Website: www.minkiesekombuis.co.za

Epos:   minkie@minkiesekombuis.co.za

0 Comments