Hoe die 5-Sekonde Reël van Twyfel na Aksie te Oorkom.
Het jy al daardie gevoel gekry? Daardie een waar jy presies weet wat jy moet doen om jou lewe te verbeter, maar dit voel asof jy vasgevang sit in die modder van twyfel? Jy’s nie alleen nie, my friend!
Ons noem dit die “Kennis Strik” – daardie irriterende plek waar jy die kennis het om jou lewe te verander, maar die aksie… ag, dis ‘n ander storie!
Kom ek vertel jou gou van Pieter en Gertjie. Hierdie twee paddatjies het eendag op ‘n kombuistafel gesit (bly nou maar by my!). Hulle spring van die tafel af en – plons! – val reg in ‘n kan melk. Gertjie begin dadelik kla: “O genade tog, vandag is die einde!” Maar Pieter? Hy besluit daar en dan – hy gaan aanhou trap tot hy uitkom. En raai wat? Daardie vasberade getrap het die melk in botter verander, en hy spring uit!
Sien, ons het almal ‘n gewoonte waarvan ons nie altyd bewus is nie – die gewoonte om te twyfel. Ken jy daai oomblik as jy moeg van die werk af kom? Links is die gym, regs is die huis… en in daai split sekonde maak jy ‘n besluit wat jou hele toekoms kan vorm.
Tony Robbins het dit perfek gesê – dis in die oomblik van jou besluite wat jou toekoms gevorm word. Daai mikro-oomblik van twyfel? Dis waar die towerkrag lê!
En dan kry jy die “More-Sindroom”. Jy lê daar in die bed en dink: “Môre! Môre begin ek regtig!” Maar wanneer môre kom… wel, ons ken almal daardie storie!
Dis hier waar Mel Robbins se 5-Sekonde Reël inkom. Dis eenvoudig maar kragtig:
- Voor jy kan begin twyfel
- Tel af: 5-4-3-2-1
- Spring op soos ‘n vuurpyl
- Doen wat jy weet jy moet!
Hoekom werk dit?
Want jou brein is geprogrammeer om jou te beskerm – teen gevaar, ongemak, koue, als! Maar partykeer moet jy daardie beskermende brein ‘n bietjie uitoorlê.
Probeer dit môre-oggend:
- As die wekker lui: 5-4-3-2-1… en spring!
- As jy ‘n idee in ‘n vergadering het: 5-4-3-2-1… en praat!
- By die robot waar jy moet kies tussen gym en huis: 5-4-3-2-1… en draai links!
Nou het ek ‘n uitdaging vir jou: Wat is die een ding wat jy weet jou lewe sal verbeter? Wat keer jou? Skryf dit nou dadelik neer, en begin more met die 5-sekonde reël van Twyfel na aksie!
Kom Ons Bly in Kontak!
- Luister na ons gewilde podcast “Minkie se Kombuis“
- Volg my op Facebook @minkiesekombuis
- Kontak my by minkie@thesuccessacademy.co.za
En moenie vergeet om in te skryf vir ons maandelikse feelgood letters nie!
Tot volgende week – en onthou, 5-4-3-2-1… AKSIE!
Mooi loop!
Minkie xx
PS: As hierdie artikel jou gehelp het, deel dit gerus met iemand wat dalk ook sukkel om van twyfel na aksie te beweeg!
#5SekondeReël #VanTwyfelNaAksie #Motivering #Aksie #Doelwitte #PersoonlikeGroei #Leierskap #MotiverendeTegnieke #BesluiteNeem #LeweVerbeter

0 Comments