Waardevolle Kortpaaie om jou fotografie na die volgende vlak te neem in 2024

by | Jun 26, 2024 | Fotografie | 3 comments

Waardevolle Kortpaaie om jou fotografie na die volgende vlak te neem in 2024

 

Olifant Familie in Kenya (c) 2018

Duiwe in my tuin (c) 2019

My Fotografie Reis: Van Beginner na Besigheid

 

My fotografiereis het in 2015 begin toe ek en my man ‘n paar foto’s nodig gehad het vir ons Wildsveiling. Hubby het vir my ‘n kamera gegee en gesê: “Baby, ek ry, en jy neem fotos.”

Ek het by myself gedink, hoe moeilik kan dit wees om ‘n paar foto’s te neem? Op daardie stadium het ek net geweet hoe om te mik en te druk.

 

Die Eerste Poging en Teleurstelling

En so spring ons weg met ‘n spoed om die diere af te neem. Ek moet sê ek het die aksie baie geniet! Terug by die huis, laai ek doelgerig al my foto’s af op die rekenaar. Ek was verpletter! Hulle was verskriklik vaag, uit fokus en bloot net een groot ramp. Ek het verlore gevoel. My ou foto-wêreldjie het verbrokkel.

 

Opstaan en Weer probeer

Maar, soos wat ek nou maar is, het ek opgestaan, myself afgestof en onderneem om elke moontlike kursus oor fotografie te doen. Hierdie kamera-ding kan my beslis nie wen nie! Selfversekerd en omtrent in ‘n gejaag omdat die veiling om die draai was, het ek nog ‘n kans gewaag met ons kamera-avontuur. Hierdie keer was ek gewapen met ‘n paar tricks en doodseker dat ek met al my nuutgevonde kennis, die storie gaan baasraak.

 

‘n Verrassende Telefonie en Die Besluit om Dit Self te Doen

Trots stuur ons die fotos in na die organiseerders van die veiling, net om ‘n paar dae later ‘n oproep te kry. “Meneer du Toit, wil u hê dat ons ‘n professionele fotograaf moet organiseer om die foto’s vir u te neem?”

Ek was weer verpletter. Daar was blykbaar te veel bossies en te min diere op my foto’s. Hoe kan dit wees? Gelukkig bring sulke dinge net die gedrewe meisie in my uit, en ek het vir manlief gesê dat daar geen manier is dat iemand hierdie foto’s sal neem nie.

 

Die Begin van ‘n Fotografie Besigheid

Ek sal dit doen totdat dit beter as perfek is. En so het my fotografie reis begin. Ek was so gedrewe om aan myself te wys dat ek wel goeie foto’s kan neem, dat ek letterlik ure aan navorsing bestee het oor elke tegniek in die boek.

 

Die Reis Gaan Aan

Vandag het ek besef dat daar nog soveel is wat ek moet ontdek, maar ek is bly dat ek nooit opgegee het op hierdie uitdaging nie.

 

Kortpaaie om jou Fotografie te Verbeter

Met hierdie artikel deel ek graag al die kortpaaie om jou te help om die volgende vlak in jou fotografie reis te bereik:

 

1.     Ontspan

Dit hoef nie perfek te wees nie. Die grootste les wat ek geleer het, en hoe simpel dit ook al mag klink, is dat mens moet ontspan oor fotografie. Dit hoef nie perfek te wees nie. Doen net jou beste en hou aan om jouself te verbeter, maar moenie in ‘n tizz ingaan as jy dit verkeerd kry nie.

 

2.     Geen reëls nie

Daar is geen reg en verkeerd nie, behalwe die reëls wat jy self skep.

 

3.     Kennis

Leer jou toerusting ken. Een van my beste tips en duurste lesse wat ek al geleer het, is om jou toerusting van voor tot agter te leer ken. Maak dit jou missie omdat dit die regte foto-oomblik kan red of ruineer.

 

4.     Geduld

Een ding wat fotografie my geleer het, is geduld. Sit in die veld en wag. Daar is maar min foto’s wat toevallig perfek geneem is. Werk ook met een tegniek op ‘n slag totdat jy dit onder die knie kry en beweeg dan na die volgende tegniek.

 

5.     Navorsing

Neem die tyd om navorsing te doen en verbeter jouself voortdurend.

 

6.     Lightroom / Photoshop

Dis ‘n groot voordeel om goeie programme te leer gebruik! Jy gaan altyd jou fotos wil edit en verbeter en hierdie twee programme is in my opinie die beste op die mark.

 

7.     Organiseer

Bly georganiseer. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie. Dit mors ongelooflik baie tyd om ‘n spesifieke foto te soek as jy hom nie reg gemerk het of geliaseer het nie. Skep vir jouself ‘n georganiseerde stelsel om jou fotos te stoor en dan weer maklik te vind.

 

8.     Toerusting

Jy het beslis nie die duurste toerusting nodig nie. ‘n Fancy lens help, maar die eintlike verskil tussen een fotograaf en ‘n ander is die tegnieke. Onthou net, jy kan nie ‘n duur fiets koop nie en verwag om die Tour de France te wen. Jy moet nog steeds hard werk aan jou tegnieke.

 

9.     Moet nie jouself meet met iemand anders se liniaal nie

Vergelyking maak net die opwinding en entoesiasme dood wat jy nodig het om jou fotografie te geniet. Wees jou eie kompetisie en verbeter net jouself elke dag.

 

Die Toerusting wat Ek Gebruik:

Mense vra my altyd watter kamera-toerusting ek gebruik vir my fotos, en ek wil graag my gunstelinge met julle hier deel. Ek wil dit ook graag op die tafel sit dat ek ‘n Amazon Affiliate is, wat net beteken dit is makliker vir my om jou direk na die regte produk te stuur. Sou jy besluit om die toerusting deur die links op my webwerf te bestel, sal ‘n kommissie aan Minkie du Toit Fotografie betaal word, wat my weer help om my studente te ondersteun. My belofte aan jou is om net aan te beveel wat ek gebruik en reeds deeglik getoets het om seker te maak dat dit die beste waarde vir geld is.

Ek is baie lief vir my Canon 5D kamera en beveel hom graag aan vir al my studente! Kombineer die kamera met die 70mm – 200mm Canon Lens vir kristalhelder fotos. Die lens kan lekker inzoom en is super gemaklik en perfek vir meeste situasies. As jy ‘n kamera nodig het, of dalk joune wil opdateer, oorweeg gerus hierdie opsie. Dit sal jou beslis nie teleurstel nie.

 

Klik gerus op die links vir meer inligting hier:

Die kamera gebruik ‘n Compact Flash en SD Card – ek gebruik die volgende kaarte en het net goeie resultate gekry:

Onthou, dit is belangrik dat jou memorykaarte die spoed van jou kamera kan hanteer. Dis hoekom ek die Extreme Pro kaarte gebruik.

 

Toekomstige Fotografie Kursusse:

Ek is tans besig om ‘n reeks fotografie aanlyn kursusse vry te stel, en ek sal graag jou insette wil hoor. Miskien het jy ‘n uitdaging wat ek kan aanspreek of behandel in die kursus. Laat weet my gerus in die kommentaarblok hieronder wat jy in ‘n kursus sal wil sien!

Bly in Kontak!

 

Hou gerus ook ons webtuiste en sosiale bladsye dop vir nuus hieroor. Gaan volg gerus my “Minkie du Toit Wildlife” bladsy op Facebook & Instagram.

Geniet jou fotografie, en deel jou fotos met ons!!

Groete,

Minkie xx

#FotografieReis #BeginnerNaBesigheid #WildlifeFotografie #MinkieDuToitFotografie #MinkieSeKombuis #TSA #FotografieLeker #DiereFotografie #NatuurFotografie #FotografieLiefde #FotografieWenke #SelfvertroueFotograaf #FotografieInspirasie #NatureLovers #FotografieWêreld #WildlifeLovers #CreatieveFotografie

3 Comments

  1. Izel

    Halo, dis ‘n smart artikel

  2. Hermien Nieuwoudt

    Hi niggie ek sal graag wil leer oor fotografie. Maar my kamera is net n gewone Nikon kamera

  3. Aneska Smal

    Sal baie graag die online iphone kamera kursus wil doen💕