Krispy Pynappel Gammon
n Klassieke Afrikaanse kombinasie van ham en pynapple op die tafel. Die heerlike gekookte karamel sous met Coke gemaak, word met fyn pynappel mildelik oor die ham geverf en vir lank in die oond gerooster tot n krispie vleissnit. Heerlike koud of warm bedien in fyn skywe gesny.
- Total Time: 2.5 Ure
- Yield: 6 Servings 1x
Ingredients
- Ham
- 1 blik Fyn Pynappel
- ½ koppie Maple Stroop
- 2 koppies gewone Coke
- 2 teelepels Appel Asyn
- 1 eetlepel Soya Sous
- 3 eetlepels Mostert
- 1 teelepel droe gemmer poeier
- 1 teelepel droe knoffel poeier
- ½ teelepel droe uie poeier
- Sout en Peper na smaak
Instructions
Verhit die oond op 180 grade en gebruik n skerp mes om diamand vorm snye in die ham te sny, ongeveer so 1/2cm diep. Sit dit in n oondpan met foelie oor en bak vir 1uur.
Terwyl die ham lekker bak in die oond, maak solank jou sousie op die stoof. In n pan oor medium hitte, gooi die stroop, coke, appel asyn, soya sous en speserye in die pan en roer gedurig totdat die sous verdik. Gooi sout en peper by en haal dan van die hitte af.
Wanneer jou Ham die eerste keer na n uur uit die oond kom, verf mildelik die sousie in al die gleufies. Smeer nou die fyn pynappel bo-op en binne in die gleufies en sit die Ham terug in die oond vir n verdere 40 tot 60 minute.
Maak seker om so elke 20 minute die Ham uit die oond te haal, en die sous wat in die oondpan is weer oor die Ham te skep, om te verseker dat die Ham nie te droog word nie, asook om al die lekker geure te behou.
Die Ham moet lekker bruin gebraai wees. Sny in dun skyfies en bedien met lekker wortelslaai, aartappelslaai en ons Tuisgemaakte Knoffel Broodjie.
- Prep Time: 30 Minute
- Cook Time: 2 Ure
- Category: Gammon
- Method: Cooking
- Cuisine: Afrikaans