Print
clockclock iconcutlerycutlery iconflagflag iconfolderfolder iconinstagraminstagram iconpinterestpinterest iconfacebookfacebook iconprintprint iconsquaressquares iconheartheart iconheart solidheart solid icon
A plate of freshly baked gingerbread cookies, decorated with icing and shaped like gingerbread men

Ouma se gemmer koekie resep

Niks kom by n lekker krakerige gemmer koekie saam met jou eerste koppie koffie op die stoep nie!  Hierdie koekies is beslis n wenner, elke keer.  Ek hou nogals van ekstra gemmer en mens kan dit aanpas soos jy daarvan hou.  In hierdie resep het ek kreatief gevoel en sterretjies uitgedruk, maar jy kan hartjies of selfs balletjies maak.  Geniet dit en laat weet my in die kommentaar seksie hieronder wat jy dink.

  • Total Time: 30 Minute
  • Yield: +/- 100 koekies

Ingredients

Scale
  • 250g Botter of Margarien
  • 2 koppies Suiker
  • 2 Eiers
  • 1 Koppie Maple Stroop of gewone stroop
  • 2 eetlepels Gemmer
  • 3 teelepels koeksoda wat jy in 2 eetlepels melk aangemaak het
  • 6 koppies koekmeel
  • knertsie sout

Instructions

In jou menger, klits die botter en suiker lekker saam en gooi dan die eiers een vir een by.  Gooi nou jou stroop en gemmer by.  Meng die koeksoda met die melk en gooi dit ook in die konkoksie.

Sif nou die 6 koppies meel by en meng goed, en wella!  Jou deeg is reg om koekies uit te druk.  Maak seker jou oondplaat is lekker met botter gesmeer sodat jou koekies nie vassit nie en rol ballies  met jou hand palms.  Jy kan dan die balletjie n bietjie plat druk met n vurk, of as jy baie kreatief voel, rol die deeg uit en druk sterretjies uit.  Bak in die oon op 180 grade vir so 10-15 minute tot lekker bruin.  Geniet saam met jou gunsteling tee of koffie.

  • Author: Minkie Du Toit
  • Prep Time: 20 Minute
  • Cook Time: 10 Minute
  • Category: Koekies
  • Cuisine: Afrikaans