Die perfekte kolwyntjie
Die perfekte kolwyntjie moet lekker sag en donsig wees, en nie te soet nie! En as hulle lekker vars en klam bly vir n minimum van 4 dae, soveel te meer!
- Total Time: 42 Minute
- Yield: 12 Servings 1x
Ingredients
· 1x koppie koekmeel
· 1 1/4 teelepel bakpoeier
· knippie sout
· 2 groot eiers, kamer temperatuur
· 3/4 koppie strooi suiker
· 1/4 koppie botter (ongesout)
· 1/2 koppie volroom melk
· 2 teelepels vanilje
· 1.5 teelepel canola olie
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 ° C vir 20 minute voordat jy die beslag begin. Plaas die rak in die middel van die oond. Voer nou jou muffinpan met kolwyntjie voerings uit.
Gebruik ‘n handklitser in plaas van ‘n standmenger – met die handklitser kan mens makliker die bak rondskuif soos wat jy nodig het om die beslag te meng, en dit voel vir my asof n mens bietjie meer beheer het en dit beter meng met n handklitser.
Klits die eiers met suiker vir ‘n hele 7 minute tot dit romerig en glansend is. Jy sal sien dit verander van geel na wit en verdriedubbel in volume (net meer as dubbele diepte in die bak).
Klits die meel, bakpoeier en sout saam in n aparte bak.
Voeg die meelmengsel geleidelik in 3 dele by die eiermengsel en meng dit net 5 sekondes op n stadige spoed. Jy wil nie te veel meng en al die lug uitklits nie. So dis belangrik dat jy so min as moontlik, so deeglik as moontlik meng.
Smelt botter en verhit melk – gebruik ‘n mikrogolfoond of stoof om melk saam met die botter te verhit totdat dit smelt. WARM melk help met die rys vir hierdie kolwyntjies – ek was bietjie twyfelagtig en het dit met koue melk probeer, maar die kolwyntjies het nie so lekker gerys nie.
Giet melkmengsel, vanilje en olie stadig in geklitste eiers terwyl dit op die laagste spoed klop. Krap die kante van die bak af, meng dit dan vir 10 sekondes – die beslag moet nou glad wees
Skep nou jou beslag in n goed gesmeerde kolwyntjie pan wat kolwyntjie voering in het, die maklikste is n roomys lepel met n hefboom. (ongeveer n kwart koppie per kolwyntjie). Mens moet die kolwyntjie koppietjie nie te vol maak nie, anders gaan die kolwyntjie oorloop en in die middel insink. Ongeveer 3/4 van die kolwyntjie voering vol.
Bak 22 minute tot dit goudkleurig is en ‘n tandestokkie wat in die middel ingesteek is, skoon uitkom.
Laat jou kolwyntjie so 2 minute rus om dit effens af te koel, en haal dit dan so gou moontlik uit die muffinpan, anders gaan hulle voort met kook en kan dit te gaar word. Kolwyntjies is klein – dit kook maklik!
Die beste manier om jou kolwyntjies vars te hou is in n lugdigte houer.
- Prep Time: 20 Minute
- Cook Time: 22 Minute
- Category: Cakes
- Cuisine: Afrikaans