Print
clockclock iconcutlerycutlery iconflagflag iconfolderfolder iconinstagraminstagram iconpinterestpinterest iconfacebookfacebook iconprintprint iconsquaressquares iconheartheart iconheart solidheart solid icon
A jar of vibrant pickled red onions, with slices of onion submerged in a tangy brine, showcasing their bright color.

Die Beste Piekel Resep ooit!!

As jy van Piekel Groente hou, veral Rooi Uie, is hierdie die resep vir jou!  Ek het onlangs n hele sak vol uie uit die tuin geoes, en wou dit nie laat afgaan nie.  Ek het toe besluit om bietjie voorraad op te bou met die resep.  Die uie hou lekker lank en dis heerlik op burgers en toebroodjies.

  • Total Time: 20 Minute
  • Yield: 2 Botteltjies 1x

Ingredients

Scale
  • 2 Rooi Uie
  • 2x 250ml Glasbotteltjies
  • 2 koppies wit asyn of appel asyn
  • 1.5 koppies suiker
  • 2 teelepels growwe sout
  • 1/2 teelepel mosterd saadjies
  • 1/2 teelepel selery saadjies
  • 2 tot 4 rissies
  • knippie borrie
  • paar takkies roosmaryn

Instructions

In n pot op die stoof, voeg die asyn, suiker, sout, mosterd saadjies, selery saadjies, rissies en borrie bymekaar.  Roer goed totdat dit kookpunt bereik en die suiker heeltemal opgelos is.

Sny die uie in fyn skywe en druk dit stewig vas in elke botteltjie.  So halfpad in die bottel, sit n takkie roosmaryn en vul die ander helfde weer met die uie.  Dis belangrik dat die uie goed vas gedruk is want dit is geneig om later bo-op die asyn te dryf.  Gooi nou die gekookte asyn mengsel in elke bottel totdat dit so halwe sentimeter van bo vol is.  

Laat die botteltjies afkoel en skroef dan die doppie stewig op.  Hou dit in die yskas en geniet dit!

  • Author: Minkie Du Toit
  • Prep Time: 20 Minute
  • Category: Piekels
  • Cuisine: Afrikaans