
Ontdek die opwinding van Thailand op ‘n scooter – ‘n avontuur wat jy nie wil mis nie!

Scooter deur Thailand: ‘n Eerlike Reisverhaal en Avontuur
Ag, laat ek nou maar reguit met julle praat as jy fiemies het, gaan Thailand jou dalk bietjie uitdaag! Maar wag, moenie dat dit jou afskrik nie. Dis een van daai plekke wat jou hart steel, al is dit ‘n bietjie derde werelds en nie oral spick and span nie.
En die beste deel? Dit hoef nie ‘n fortuin te kos nie! Die Thai Baht teen ons Rand is nog heel gaaf in vergelyking met daardie wilde Europa-pryse.
Begin van die Avontuur
Ons avontuur begin by Phuket lughawe. Klein wenk – kry sommer jou hotel om jou op te tel. Dis so uur of twee se ry, en glo my, na daardie lang vlug wil jy nie sukkel met vervoer nie!
Ons het by Nai Harn Hotel tuisgegaan, en sjoe, was dit ‘n slim keuse! En nou ja, laat ek maar eerlik wees – ek sal voorstel dat julle meestal by die hotel eet. Ja-ja, ek weet die straatkos lyk interessant (en dit ruik hemels!), maar mens moet darem ‘n bietjie versigtig wees so ver van die huis af.
‘n Scooter Storie!
Maar nou kom die lekker deel… As daar een ding is wat jy MOET doen in Thailand, is dit om ‘n scooter te huur! Al is dit net vir die pret – en glo my, pret sal jy hê! Veral as jy agterop sit en jou man bestuur. Dan kan jy nie eintlik sien wat aangaan nie, en alles gebeur so vinnig dat jy gelyk lag én bid!
Julle weet mos hoe ons hier in Gauteng ry (meestal volgens die reëls… meestal). Maar Thailand? Sjoe! Hulle ry soos hulle kosmaak – wild en opwindend! Dis pure pret, en ek en my man het ons gate uit geniet. Dink net – ons twee op ‘n scooter… ek giggel nou nog!
Bootjie Avontuur
Die volgende oggend vat ons ‘n bootjie diep see in. Die water is lou-warm, die golwe rustig, en die eilande? Asemrowend! Dis net jy en jou man op die roeibootjie… wat natuurlik beteken dis die perfekte geleentheid om hom “per ongeluk” in die water te gooi! (Sorg net dat jy vinniger kan roei as wat hy kan swem – en moenie hom vertel ek’s die fikser een nie!)
Wenke vir die Pad
- Smeer baie sonskerm (veral in Februarie!)
- Moenie die muskiet moetie vergeet nie – daardie goggas is honger!
- Boek ‘n toer na die Phi Phi Eilande – dis die mooiste blou water wat jy nog ooit sal sien
- Verken die middestad, maar wees voorbereid vir die hitte
- Die naglewe en markte is ‘n moet-sien
Thailand is ‘n mengsel van opwinding, kultuur en skoonheid. Die tempels, die olifante, die geskiedenis – als werk saam om ‘n onvergeetlike ervaring te skep.
Kom Ons Bly in Kontak!
- Luister na ons gewilde podcast “Minkie se Kombuis”
- Volg my op Facebook @minkiesekombuis
- Kontak my by minkie@minkiesekombuis.co.za
- Sluit aan by ons feelgood letters een keer per maand
Ek sou voorstel dat mens behoorlik jou navorsing doen en alles mooi beplan voordat jy op daai vliegtuig klim!
Tot volgende week dan,
Mooi Loop,
#ScooterReis #ThailandAvontuur #ThailandRei s#ScooterInThailand #Reisverhaal #Phuket #PhiPhiEilande #Reiswenke #Straatkos #ThailandKultuur

Dit klink so interesant. Sal graag daar n draai wil maak.