Is jy op Outopilot? Stop en Lees Hier!

by | Feb 5, 2025 | Leefstyl

Lewe Buite Jou Gemaksone: Die Krag van Intensie en Groei in 2025

Ek het een vraag vir jou. Wat as al jou drome waar word?

Vat ‘n oomblik en dink daaroor. Hoe gaan jou lewe anders lyk? Hoe sal jy anders optree?

Kom ek gee ‘n voorbeeld. Veronderstel jy wil graag 30kg verloor, dis jou groot droom. Hoe gaan jou lewe anders lyk as jy maerder is? Gaan jy anders eet en voel?

 

 Die Ongemaklike Waarheid

Ek het iewers die volgende raakgelees, en dit het nogals ‘n groot indruk op my gemaak: “wees gemaklik daarmee om ongemaklik te wees”. Ek sou dalk ‘n paar jaar terug gevoel het dit is nie op my van toepassing nie, maar ek het vinnig besef ‘n mens val maklik terug in jou gemaksone, daar waar jy lekker sit, amper in outopilot, daar waar jy nie intensioneel jou lewe lewe nie.

Essensiële olies vir gesondheid en skoonheidsroetine.

Minkie se Kombuis- kook & Leefstyl Potgooi vir die Moderne vrou

Die Geskenk van Tyd

Ek glo dat een van die kosbaarste geskenke wat ons vir onsself kan gee is tyd. Tyd om regtig in die oomblik te lewe, en nie op outopilot nie. Tyd om stil te raak, om die glimlag op ons kinders se gesigte raak te sien, jou man se liefdevolle kyk, die smaak en tekstuur van die kos wat ons eet – alles is oomblikke wat ons verloor as ons op outopilot is. En eendag, kos dit ons al die oomblikke in ons lewe.

Hierdie oomblik is tog al wat ons regtig het. Dis moeilik en mens voel kwesbaar wanneer jy besluit om jouself te verbeter, om te groei, om uit die gemaksone te klim en braaf genoeg te wees. Maar ek glo ‘n mens moenie dit sien as iets wat jy moet doen nie, mens moet eerder daarna kyk as ‘n geskenk wat jy het om jouself as mens te kan verbeter.

 

Die Krag van Intensie

Die energie wat ons insit, is die energie wat ons uitkry. Ons intensies beheer elke uitkoms. As jy meer liefde wil ontvang, moet jy intensioneel meer liefdevol wees. Jy kan tog nie liefdevol wees as jou hart vol kwaad en verwyte is nie.

Kom ek verduidelik: jy sal nooit van ‘n slangbyt doodgaan nie. Jy het reg gehoor. ‘n Slangbyt gaan jou nie doodmaak nie. Dis die gif wat in jou are gepomp is en deur jou lyf beweeg wat jou gaan vernietig. Dieselfde geld vir kwaad – jy drink basies die gif en hoop iemand anders gaan dood.

 

Van “Disease to Please” na Outentieke Krag

Ek het vir so lank in my lewe aan die “disease to please” siekte gely. Ek was bang dat mense sou dink dat ek ‘n selfsugtige mens is elke keer as ek nee sê, dat mense dalk minder van my sal hou.

Maar die krag van intensie het my heeltemal daarvan genees. Ek het opgehou om na daai stemmetjie in my kop te luister wat my heeltyd probeer oortuig het van wat ander mense sou sê en dink.

Gustav Zukav stel dit presies in die kol. Hy sê “Intention is at the heart of creating authentic power” en as mens onafhanklik kan wees van die opinies van ander mense en jouself toelaat om jouself te vertrou, dan gee jy nie jou “power” weg nie.

 

Praktiese Stappe Vorentoe

Dis in ons menslike aard om iewers te behoort, en ons wil graag hê ander mense moet ons liefhê en raaksien. Maar, jy kan nie kwesbaar wees en nie jouself wees nie. Die groot gevaar is dat jy probeer om iemand anders te wees – net om in te pas.

Wees jou ware self en wees eerlik oor wat jy nodig het, al beteken dit dat jy kwesbaar is. Soos Brené Brown sê: “You either walk inside your story and own it, or you stand outside your story and hustle for your worthiness.”

Wat as al jou drome waar word in 2025? Hoe gaan jy anders voel oor jou lewe? Ek wil graag van jou hoor! Jy is baie welkom om vir my ‘n epos te stuur na minkie@minkiesekombuis.co.za.

As jy nog nie opgeteken het vir ons weeklikse potgooi episodes nie, is dit nou die tyd om so te maak! Gaan gerus na jou gunsteling potgooi toepassing en maak seker jy mis nie ‘n episode van Minkie se Kombuis kuiers nie!

Persoonlike groei en die krag van intensie – stap buite jou gemaksone om jou drome waar te maak in 2025

Minkie du Toit.com Potgooi

Kom Ons Bly in Kontak!

 

Tot volgende week,

Mooi Loop!

Minkie xx

PS: Ons is ook op sosiale media doenig met resepte, reiswenke en lekker chit chats! Kom kuier saam op Facebook @minkiesekombuis

#Gemaksone #PersoonlikeGroei #KragVanIntensie #2024Drome #LeefIntensionee l#Selfvertroue #Selfverbetering #LeweBuiteGemaksone #PersoonlikeOntwikkeling #MindsetGroei

0 Comments