Heerlike Airfryer Worsrolletjies: ‘n Sappige, Maklike Lekkerny!
Niks so lekker as n tuisgemaakte worsrolletjie nie, en dit in jou nuwe Airfryer. Mens is sommer lus om die hele storie op te eet! Hierdie worsrolletjies het n bietjie van n kortpadjie. Gebruik sommer varkworsies wat jy by die slaghuis koop vir n vinniger lekkerny. Liefde Minkie xxx
- Total Time: 20
- Yield: 2-4 1x
Ingredients
- 500g vark worsies (haal die velletjie af)
- 120ml brood krummels
- 2x eiers
- 2 velle skilferkors deeg
Instructions
Voorverhit jou Airfryer op 200 grade.
Meng die worsies, broodkrummels en 1 eier in n mengbak. Sny elke vel skilferkorsdeeg in die helfde, en sit die vleismengsel in die lengte van die kors. Los genoeg spasie om die rolletjie om te vou. Klits nou die ander eier en verf met n kwassie aan die kante van die vleismengsel op die kors. Vou die rolletjie toe en verf weer met eiermengsel bo op. Jy kan n vurk gebruik om die kante netjies te druk. Sny nou die rolletjie eers in die helfde, dan weer in die helfde totdat jy die regte grootte rolletjie het na jou smaak.
Spuit so bietjie olie in jou mandjie en pak die rolletjies versigtig sonder dat hulle aan mekaar raak. Bak vir so 10-12 minute tot lekker bruin. Bedien met lekker tamatiesous.
Notes
Wenke vir Perfekte Airfryer Worsrolletjies 🍴
1. Mengsel:
- Broodkrummels help die worsies lekker aan mekaar te heg. Probeer geroosterde brood vir ekstra geur!
- Eiervorming: Gebruik eiers om die deeg aan die vleis te heg en vir ‘n lekker goudbruin kleur. Vir ekstra romigheid, vervang een eier met room of melk.
2. Deeg:
- Skilferkorsdeeg is die beste vir bros rolletjies. Maak dit dun rol vir die perfekte bak.
- Voeg roosmaryn of knoffelpoeier by vir ekstra geur! 🌿
3. Bak in die Airfryer:
- Voorverhit jou Airfryer om die deeg vinnig bros te bak.
- Bak die rolletjies vir 10-12 minute, maar kontroleer na 8 minute vir goudbruin kleur. ⏲️
4. Bedien en Geur:
- Bedien met tamatiesous, mosterd of pittige sous.
- Maak dit ekstra lekker met gesmelte kaas of guacamole.
- Prep Time: 10
- Cook Time: 10
- Category: bak
- Method: Air fryer
- Cuisine: Afrikaans