Dis waar!! Blomme so ver as wat jy kan sien!

by | Aug 7, 2024 | Reis | 5 comments

Blommetoer: Pretoria tot Paternoster!

Dis waar!! Blomme so ver as wat jy kan sien!

Dis 4uur, Donderdag oggend en die kar is klaar gepak. Opgewonde spring ons in die kar en vat die langpad Wes-Kaap toe. Blommetoer-Pretoria tot Paternoster. Lekker!!!

Ma Sarie se Padkos 🥪

Moenie ma Sarie se padkos pakkie vergeet nie:

  • Gebraaide vis blokkies
  • Kook eiers
  • Vars toebroodjies met ham en kaas
  • Klein vetkoekies
  • En natuurlik die koffiekan!

Die Roete

 Dag 1: Pretoria na Colesberg

  • Afstand: 690km
  • Tyd: ongeveer 7 ure
  • Oornag by ‘n gastehuis
  • Hoogtepunt: Rustige aand op die stoep

Vanuit Pretoria tot in Colesberg, waar ons doodmoeg by ons gastehuis aankom. ‘n Heerlike koue drankie wag ons in terwyl ons rustig op die stoep die wonders van die natuur beskou. Dis net hier waar jy besef hoe bevoorreg n mens regtig is.

Dag 2: Colesberg na Paternoster

  • Afstand: 860km
  • Tyd: ongeveer 10 ure
  • Verblyf: Oystercatcher
  • Hoogtepunt: Diep hartsgesprekke en natuurskoon

Die Pad na Paternoster

Volgende oggend vroeg is die lekker warm stort al wat nodig is om ons uit die kooi te laat spring. Na ‘n lekker hartlike ontbyt, vat ons weer die langpad. Die verskeidenheid natuurskoon en diep hartsgesprekke met manlief maak die avontuur soveel meer kosbaar.

So teen 18H00 arriveer ons veilig by Oystercatcher in Paternoster. Die see-uitsig is verfrissend en die kamer is netjies opgemaak. Ons pak gou al ons goedjies uit en dan is dit tyd vir ‘n lekker glas rooiwyn.

Paternoster: Ons Tuiste vir die Week

Paternoster is ‘n juweel:

  • 140km vanaf Kaapstad
  • Deel van Saldanha Baai munisipaliteit
  • Kenmerkende wit huisies
  • Pragtige strande
  • Bekend vir kreef
  • ‘n Boutiek dorpie met karakter

Paternoster: Die Weskus Juweel –Die mooiste wit huisies is opvallend langs die pragtige strande van Paternoster, wat bekend is vir hulle heerlike kreef. Hierdie boutiek dorpie is beslis een van die mooiste toerisme-aantreklikhede langs die Weskus en beslis ‘n lafenis vir die siel.

Die Blommeprag 🌸

Blomme Avonture

  • Vroeg September is perfek
  • Lokale kenners se wegkruipplekke
  • Oranje en geel magrietjies
  • Wit blommetjies
  • Vark ore as jy gelukkig is
  • *Wenk: Skakel die blomme-inligtinglyn soggens

Dis vroeg in September, en die blomme is asemrowend mooi. Die locals verklap die beste wegkruipplekke met die mooiste blomme. Fotos is mos my middelnaam, nee, eintlik my eerste naam. Ek le plat op my maag om die beste angles te kry, dan op my knieë, alie in die lug, maar ek gee nie om nie. Ek trek omtrent my hamstring, maar fotos moet ons neem.

Hierdie is ‘n oomblik vol vreugdes. Die oranje en geel magrietjies blom so ver soos wat jou oog kan sien. Nou en dan sien mens ‘n vlaag wit blommetjies en as jy gelukkig is, die mooiste varkore.

Daar is ‘n blykbaar ‘n blomme nommer wat mens kan skakel in die oggend, en dan se hulle vir jou waar die blomme die mooiste is op daai spesifieke dag. Dit help baie, alhoewel ek en Charl eintlik maar net elke dag gekyk het waar die wind ons waai.

Ons Blommeroete:

1. **Paternoster na St Helena Baai**

  • Via Stompneus Bay Rd
  • Ongeveer 20km

2. **Velddrift**

  • Klein vissermansdorpie
  • Asemrowende uitsigte

3. **Langebaan Nasionale Park**

  • 60km vanaf Paternoster
  • Pragtige veldblomme in die reservaat
  • Volg die teerpad berg toe

4. **Darling**

  • Geel Canola lande
  • Unieke kerkie
  • Outydse kafees

Oppad vanuit Paternoster vat ons die pad al langs die kuslyn na St Helena Baai via Stompneus Bay Rd. Dan volg Velddrift, ‘n klein vissermansdorpie wat jou asem wegslaan.

As jy verder Noord wil ry, Clanwilliam se kant toe, kan jy maar regmaak vir so 2 ure tussen die mooiste natuurskoon. Die mooiste blomme is nog bietjie verder op Noord, by Niewoudtville.

‘n Dag Vol Blomme en Plesier- Ons het ‘n heerlike dag vol blomme en plesier gehad en kan omtrent die avontuur dokumenteer! Gedaan van al die ry, maar met groot dankbaarheid in ons harte is ons terug by die salige Paternoster.

Kaapstad en Langebaan- Die volgende oggend ry ons terug Kaapstad se kant toe, op nog ‘n blomme skattejag. Natuurlik moet ‘n mens by Langebaan se Nationale Park ingang inry. Die veldblomme is op hulle mooiste diep in die reservaat, as jy die teerpad opvat na die berg toe.

En vir middagete, moet mens beslis op die strand by een van die restaurante in Langebaan vis en chips gaan eet. Die vis is lekker vars en die chippies krispie. Die strand hier het ook ‘n bekoring van sy eie, met die seemeeue wat al om die strand in die wind speel.

Darling: ‘n Klein Dorpie vol Karakter- Oppad terug Paternoster toe, kan mens gerus afdraai by Darling, ‘n klein dorpie vol karakter. Die mooiste canola lande lê geel geverf oor die vlaktes en beslis ‘n prettige foto oomblik. Die kerkie is uniek, en daar is nog kafees soos in die ou dae.

Moet-doen Aktiwiteite

n week in die weskus 

Ek sou sê mens moet so vir ‘n week gaan, net om lekker rustig die natuurskoon in te asem. En die dag wat jy nie lus het om ver te ry nie, Tietiesbaai in Paternoster is net om die draai. Bekend vir sy ligtehuis, blykbaar die laaste een wat in Suid-Afrika gebou is in 1936 en ‘n whopping 80m bo seespieël uitstaan. Hierdie Kaapse Natuurreservaat is ook bekend vir sy fynbos en mooi kampeerterrein. Blykbaar kan ‘n mens ‘n paar staproetes ook volg.

1. **Tietiesbaai, Paternoster**

  • Historiese lighuis 
  • 80m bo seespieël
  • Fynbos
  • Kampeerterrein
  • Staproetes

2. **Langebaan Middagete**

  • Vars vis en chips
  • Strand-restaurante
  • Seemeeue speel in die wind

Tyd om terug te keer

Nouja, uitgerus met ‘n kamera vol blomme en pragtige landskap fotos, vat ons die langpad terug Pretoria toe. Ek sal beslis n Blommetoer-Pretoria tot Paternoster aan beveel. Dit was beslis ‘n ondervinding duisend!!!

Reis Wenke

  • Beplan vir minstens ‘n week
  • Pak ‘n goeie kamera
  • Neem padkos saam
  • Maak tyd vir onbeplande ontdekkings
  • Volg die locals se raad vir blomme-plekke

Kom Ons Bly in Kontak!

 

Dit was beslis ‘n ondervinding duisend!

Tot weersiens,

Liefde,

Minkie xx

*PS: Het jy al die Weskus se blomme gesien? Deel gerus jou stories in die kommentaar hieronder!*

#Blommetoer #Paternoster #WeskusAvontuur #Veldblomme #Natuurskoon #ReisAvontuur #BlommeLiefde #PaternosterBlomme #KuslynReis #BlommeFotografie #SuidAfrika #BlommeInBloom #Weskus #ReisAfrika #PretoriaNaPaternoster #WeskusVeldblomme #SuidAfrikaanseReis

 

5 Comments

  1. Renata Nieuwenhuys

    Wow, klink wonderlik!! Jy beskryf alkes so mooi, asof ek saam met julle was.

  2. Monica Naude

    So n trippie is vir my altyd so sielsvoedend, dit voel vir my ek het saam gery.

  3. Genie Jacobs

    Oooooo vat hy my so paar jaar terug. Toe het ek met a toer van Kanaal7 ons ChristlikeRadioStasie gaan toer vir 20dae. Was …. hoe se die kinders….. awsime…..
    Bly jy kon baie mooi fotos neem.

  4. Tertia can Zijl

    Ons het al in baie provinsies gewoon agv my man se werk. Elkeen het ‘n bekoring van sy eie. Nou is ons al 21jaar Kapenaars…. plek van my hart… met asemrowende mooi plekkies en natuur.’ n Skatkis van mooi

  5. Gretha Heymans

    Ons Geniet ook dit vreeslik baie….om so in die natuur na al die mooi blomme ….voels en die see te kyk. Met elke toer wst ons saam Sarie Nel gedoen het..Die Natuur bly n wonder.gretha