Print
clockclock iconcutlerycutlery iconflagflag iconfolderfolder iconinstagraminstagram iconpinterestpinterest iconfacebookfacebook iconprintprint iconsquaressquares iconheartheart iconheart solidheart solid icon
A colorful pasta salad with mixed vegetables, olives, and a light dressing, served in a bowl.

Die perfekte somer pasta slaai

Wanneer dit lekker warm is en die piekniek roep, is hierdie heerlike koel somer pasta net die antwoord.  Gooi n lekker romerige sousie oor saam met vars avokado peer, kersie tamaties en lekker croutons, en jy het beslis n wen resep.

  • Total Time: 20 Minute
  • Yield: Serves 4

Ingredients

Scale

Slaaisous:

  • 2x ryp advokado pere
  • 1x koppie jong spinasie blare
  • 1/2x koppie almond melk
  • 1x suurlemoen se sap
  • 1x knoffelhuisie
  • sout en peper na smaak
  • 1x e olyf olie

Slaai:

  • 1x koppie kersie tamaties, gehalveer
  • 1x koppie gaar mieliepitte
  • vars basieliekruid
  • 1.5x koppie gekookte pasta
  • 1x ryp advokado peer, in blokkies gesny
  • 1x Koppie Croutons

Instructions

Kook die pasta volgens die instruksies op die pakkie sodat die paste lekker al dente is.  Dreineer die pasta en hou eenkant.  Om n lekker slaaisous te maak, gooi al die sous bestandele in n menger, behalwe die olie en meng goed. 

 

Gooi dan jou olie bietjie vir bietjie by die sous totdat die sousie lekker romerig is.  Gooi bietjie sout en peper by soos jy daarvan hou.  In n groot mengbak, meng eers die pasta met die slaaisous en gooi dan jou tamaties, mielies, basieliekruid, croutons en advokadopeer saam  en roer liggies.  Bedien koud.

  • Author: Minkie Du Toit
  • Prep Time: 20 Minute
  • Category: pasta
  • Cuisine: Afrikaans