Ingredients
Slaaisous:
- 2x ryp advokado pere
- 1x koppie jong spinasie blare
- 1/2x koppie almond melk
- 1x suurlemoen se sap
- 1x knoffelhuisie
- sout en peper na smaak
- 1x e olyf olie
Slaai:
- 1x koppie kersie tamaties, gehalveer
- 1x koppie gaar mieliepitte
- vars basieliekruid
- 1.5x koppie gekookte pasta
- 1x ryp advokado peer, in blokkies gesny
- 1x Koppie Croutons
Instructions
Kook die pasta volgens die instruksies op die pakkie sodat die paste lekker al dente is. Dreineer die pasta en hou eenkant. Om n lekker slaaisous te maak, gooi al die sous bestandele in n menger, behalwe die olie en meng goed.
Gooi dan jou olie bietjie vir bietjie by die sous totdat die sousie lekker romerig is. Gooi bietjie sout en peper by soos jy daarvan hou. In n groot mengbak, meng eers die pasta met die slaaisous en gooi dan jou tamaties, mielies, basieliekruid, croutons en advokadopeer saam en roer liggies. Bedien koud.
- Prep Time: 20 Minute
- Category: pasta
- Cuisine: Afrikaans