Ingredients
- 6 Klein/ mediumgrootte aartappels
- 2 eetlepels botter, gesmelt
- 1/2 koppie gerasperde Parmesan-kaas
- 1/2 teelepel sout (of na smaak)
- 1/2 teelepel peper (of na smaak)
Instructions
- Verhit die oond tot 200°C (400°F). Smeer die bak met gesmelte Botter en parmasen- kaas nadat dit goed saam gevoeg is.
- Berei die aartappels voor: Was die aartappels (jy kan die skil opsioneel skil). Sny hulle in die helfde.
- Meng die botter: Plaas die gesnyde aartappels in ‘n bak bo op die gesmelte botter -en Parmesan mengsel.
- Voeg die geurmiddels by; Jy kan nog gerasperde Parmesan-Kaas oor die aartappels Strooi gaan volgens jou smaak, voeg sout en peper oor die aartappels.
- Rooster die aartappels: Versprei die aartappels in ‘n enkellaag op die bak. Rooster dit vir 30-40 minute, of totdat die aartappels goudbruin en bros is. As jy dit aan byde kante goudbruin wil he; Draai dit na 20-minute om sodat dit eweredig gaar word en goudbruin is vir smaak.
- Bedien: Haal die aartappels uit die oond en bedien dit dadelik as ‘n heerlike, smaaklike bykos.
Notes
Met hul onweerstaanbare geur en perfekte tekstuur, is hierdie Parmesan-aartappels die ideale toevoeging tot enige ete. Of jy dit as ‘n bykos of as ‘n lekkerny op hul eie geniet, hierdie gereg sal altyd ‘n treffer wees!
- Prep Time: 10-15 minute
- Cook Time: 30-40 minute
- Category: Bykosse
- Cuisine: Italiaanse