Print
clockclock iconcutlerycutlery iconflagflag iconfolderfolder iconinstagraminstagram iconpinterestpinterest iconfacebookfacebook iconprintprint iconsquaressquares iconheartheart iconheart solidheart solid icon
Heerlike hoendergereg met rys, versier met kruie en groente.

Geurige & Maklike Hoender Gereg vir die hele Gesin

Wat eet ons vanaand? Hierdie een pot hoender gereg is een van manlief se gunsteling disse. Maak sommer n dubbel porsie vir die kosblik xxx

Ingredients

Scale

Bestandele Benodig:

  • 5x Hoender dytjies met been aan
  • Bietjie water (vir ingeval)
  • Botter om in te braai
  • 1x Koppie Rys
  • 2x Koppies Hoenderaftreksel

Marinade:

  • 1x Suurlemoen (gezest & versap)
  • 1x Teelepel Dijon Mostert
  • 2x Fyngekapte Knoffelhuisies
  • 1x Teelepel Oregano
  • 1x Teelepel Roosmaryn
  • Sout & Peper
  • 1x Groot Lepel Olyfolie

Instructions

Meng al die bestandele saam vir die marinade.  Werk nou die hoender en marinade lekker saam in om al die geure te meng en plaas die hoender dan vir ongeveer 1 uur in die yskas.  (Hoe langer die hoender marineer, hoe lekkerder trek al die geure in)

Smelt n bietjie botter in n warm pan en braai nou jou hoenderdytjies vir so 5 minute aan elke kant.  Gooi dan die rys en hoenderaftreksel in die pot by die hoender en prut vir n uur.  Hou asb die voginhoud dop en gooi bietjie water by as die spulletjie dalk te droog lyk.

Bedien met n lekker tamatie slaai en geniet!