Print
clockclock iconcutlerycutlery iconflagflag iconfolderfolder iconinstagraminstagram iconpinterestpinterest iconfacebookfacebook iconprintprint iconsquaressquares iconheartheart iconheart solidheart solid icon
A delicious Peppermint Crisp Tart, with layers of creamy filling, crumbled biscuit, and peppermint chocolate topping.

Heerlike Peppermint Tert

Peppermint Tert – met al die kinderdae gunstelinge gemaak! Tennisbeskuitjiges, gekookte kondensmelk en room met peppermint sjokolade. Sowaar die maklikste maar lekkerste teetyd gunsteling!

  • Total Time: 30 Minute
  • Yield: 4 Servings 1x

Ingredients

Scale
  • 1x Pakkie Tennis Beskuitjies
  • 1x Pakkie Suurlemoen Jellie
  • 1x Kooppie Kookwater
  • 250ml Room
  • 1x Blikkie Karamel
  • 2x Peppermint Sjokolades

Instructions

Los die pakkie jellie op in 1 koppie kookwater en hou eenkant om bietjie af te koel.  Klits nou die room in jou menger lekker styf en gooi dan die afgekoelde jellie by.  Gooi ook die blikkie karamel saam met net so 3/4 van jou fyn peppermint sjokolade en klits die spulletjie lekker.

In n aparte bak, maak die tennisbeskuitjies lekker fyn en meng dit met die sagte botter.  Druk die klam krummels vas teen die bodem van jou tertbak sodat dit die kors van die tert vorm.  Gooi nou die room en jellie mengsel in die tertbak bo-oor die kors en versier met die ander 1/4 van die fyn sjokolade.

Hou in yskas oornag sodat die tert kan stol en styf word.  Bedien saam met tee tyd!

  • Author: Minkie Du Toit
  • Prep Time: 30 Minute
  • Category: Tarts
  • Cuisine: Afrikaans