Ingredients
- 1x Pakkie Tennis Beskuitjies
- 1x Pakkie Suurlemoen Jellie
- 1x Kooppie Kookwater
- 250ml Room
- 1x Blikkie Karamel
- 2x Peppermint Sjokolades
Instructions
Los die pakkie jellie op in 1 koppie kookwater en hou eenkant om bietjie af te koel. Klits nou die room in jou menger lekker styf en gooi dan die afgekoelde jellie by. Gooi ook die blikkie karamel saam met net so 3/4 van jou fyn peppermint sjokolade en klits die spulletjie lekker.
In n aparte bak, maak die tennisbeskuitjies lekker fyn en meng dit met die sagte botter. Druk die klam krummels vas teen die bodem van jou tertbak sodat dit die kors van die tert vorm. Gooi nou die room en jellie mengsel in die tertbak bo-oor die kors en versier met die ander 1/4 van die fyn sjokolade.
Hou in yskas oornag sodat die tert kan stol en styf word. Bedien saam met tee tyd!
- Prep Time: 30 Minute
- Category: Tarts
- Cuisine: Afrikaans