Ingredients
· 3x Groot Lepels Oyster Sous
· 2x Groot Lepels Vis Sous
· 1x Teelepel tafel suiker
· 1/2 Koppie Olyf Olie
· 2x Koppies gaar Tastic Rys
· 4x Knoffelhuisies, gekap
· 4x Soetpepers (klein)
· 1/5kg Hoenderborsies, in blokkies gesny
· 1x Rooi Ui, fyngesny
· ½ Koppie Basielie Kruid, Fyngekap
· ½ Koppie Selery Blare, Fyngekap
Instructions
Sny die volgende bestandele en hou eenkant in ‘n glasbak:
o Soet pepers in lank repies
o Grasuie in klein wielietjies.
o ½ Koppie Basieliekruid
o ½ Koppie Seldery Blare
o 1x Rooi uie, fyngekap
Meng nou die sous in n aparte glasbakkie en hou ook eenkant (Oyster Sous, Vis Sous, Suiker, Knoffel & Olie)
Braai die hoenderstukkies in n warm pan met n bietjie botter of olie vir ongeveer 3 minute.
Gooi die groente en pynappel by en roer gedurig deur. Gooi nou die sous by bietjie vir bietjie en roer goed.
Prut die spulletjie vir ongeveer 6 minute en voeg dan die gekookte rys by.
Sit dadelik voor in n mooi bordjie.
Opsioneel:
Dis altyd lekker om bietjie kasjoeneute (of soos ons dit ken, cashews) by te gooi voordat jy dit opdien.
- Prep Time: 20 Minute
- Cook Time: 20 Minute
- Category: Hoender
- Cuisine: Afrikaans