Print
clockclock iconcutlerycutlery iconflagflag iconfolderfolder iconinstagraminstagram iconpinterestpinterest iconfacebookfacebook iconprintprint iconsquaressquares iconheartheart iconheart solidheart solid icon
Golden, crispy fishcakes served on a plate, with a side of dipping sauce and garnished with fresh herbs

Minkie se Viskoekie Gunsteling

Hierdie Viskoekie resep is baie eenvoudig om te maak en dit is ook lekker veelsydig. Ek hou nogals van n growwer tekstuur, maar jy kan n voedselverwerker te gebruik om n gladder tekstuur te kry. 

 

Hierdie maklike viskoekresep is nie net perfek vir n peuselhappie nie, mens kan ook dit as n lekker aandete geniet. Bedien dit saam met tuisgemaakte groenteskyfies en slaai, of saam met gestoomde groente en rys.

 

Wenke vir die maak van hierdie maklike viskoeke

 

Mens kan enige soort vis gebruik, ek dink stokvis werk die lekkerste.  Dis belangrik om te onthou om jou viskoekies eers in die yskas te verkoel voordat jy die braai, want dit sal help om die koekie se vorm te hou.

 

Die koekies vries ook lekker, so as mens dalk genoeg wil maak om te vries, kan dit handig inkom in die toekoms.  Die resep sorg vir ongeveer 12 koekies.

  • Total Time: 20 Minute
  • Yield: 12 Koekies

Ingredients

Scale
  • 500g gekookte vis
  • 350g sag gekookte aartappels
  • 2e melk
  • 1/4 koppie fyn parmesan kaas
  • 2 knoffelhuisies, fyngemaak
  • 1 suurlemoen skil, fyn
  • 1 e uie flokkies
  • 1 e mostert
  • 3 e varsgekapte grasuie
  • 2 eiers
  • sout en peper na smaak
  • 2 koppies panko broodkrummels
  • Olyfolie vir kook

Instructions

Plaas die panko-broodkrummels in ‘n bak en hou eenkant tot benodig.  Maak die vis en aartappels lekker fyn met n vurk en meng goed.

 

Voeg die melk, parmesaankaas, knoffel, suurlemoenskil, uievlokkies, mosterd, eier en sout en peper by en roer goed om te kombineer.

 

Gebruik ‘n groot lepel om die mengsel op te skep en vorm n lekker groot koekie met jou handpalms.  Plaas die koekie in die panko-broodkrummels en rol dit saggies om sodat die hele koekie lekker bedek is met die krummels.  Plaas die viskoekies 30 minute in die yskas om te verkoel, dit sal hulle help om hul vorm te hou.

 

Verhit 1 eetlepel olyfolie in ‘n groot braaipan op matige hitte en voeg 4 – 5 viskoekies by. Die hoeveelheid viskoekies wat u tegelyk kan kook, hang af van die grootte van jou braaipan. Kook vir 3 minute voordat jy dit versigtig omdraai en kook vir nog 2 minute aan die ander kant of tot dit bruin is.  Herhaal die proses totdat jou koekies mooi goudbruin gebraai en gaar is.

  • Author: Minkie Du Toit
  • Prep Time: 20 Minute
  • Category: Vis
  • Cuisine: Afrikaans