Ingredients
- 500g gekookte vis
- 350g sag gekookte aartappels
- 2e melk
- 1/4 koppie fyn parmesan kaas
- 2 knoffelhuisies, fyngemaak
- 1 suurlemoen skil, fyn
- 1 e uie flokkies
- 1 e mostert
- 3 e varsgekapte grasuie
- 2 eiers
- sout en peper na smaak
- 2 koppies panko broodkrummels
- Olyfolie vir kook
Instructions
Plaas die panko-broodkrummels in ‘n bak en hou eenkant tot benodig. Maak die vis en aartappels lekker fyn met n vurk en meng goed.
Voeg die melk, parmesaankaas, knoffel, suurlemoenskil, uievlokkies, mosterd, eier en sout en peper by en roer goed om te kombineer.
Gebruik ‘n groot lepel om die mengsel op te skep en vorm n lekker groot koekie met jou handpalms. Plaas die koekie in die panko-broodkrummels en rol dit saggies om sodat die hele koekie lekker bedek is met die krummels. Plaas die viskoekies 30 minute in die yskas om te verkoel, dit sal hulle help om hul vorm te hou.
Verhit 1 eetlepel olyfolie in ‘n groot braaipan op matige hitte en voeg 4 – 5 viskoekies by. Die hoeveelheid viskoekies wat u tegelyk kan kook, hang af van die grootte van jou braaipan. Kook vir 3 minute voordat jy dit versigtig omdraai en kook vir nog 2 minute aan die ander kant of tot dit bruin is. Herhaal die proses totdat jou koekies mooi goudbruin gebraai en gaar is.
- Prep Time: 20 Minute
- Category: Vis
- Cuisine: Afrikaans