Ingredients
Hoender
- 6-8 Hoender stukkies
- Sout & Peper na smaak
- 1 Groot Lepel Portugese Speserye (Robbertson verkoop n botteltjie)
- 1/4 Koppie Meel
Groentes
- 1x Ui, in blokkies gesny
- 2x Knoffelhuisies, fyngekap
- 2 Pepers, fyngekap
Sous (Pas aan soos jy verkies – kan nogal warm wees)
- 1 Groot Lepel Soya Sous
- 2 Groot Lepels Sriracha Sous (of enige warm chillie sous)
- 1/2 Koppie Tamatiesous
- 1 Suurlemoen, gesap & gezest
- 1 Groot Lepel kerriepoeier
- 1 Groot Lepel Mostert
- 1 Groot Lepel bruin suiker
- 1 Groot Lepel Wit Asyn
Instructions
Voorverhit jou oond op 190 grade celcuis.
Bedek die hoender met lekker sout, peper en portugese speserye. Gooi nou so bietjie meel en werk goed in die hoender in.
Berei nou die ui, knoffelhuisies en fyn gekapte pepers in n klein bakkie voor en hou eenkant om later in die pan te braai.
Meng nou al die bestandele goed vir die sous. Die sous gaan laaste op die hoender gegooi word net voordat jy dit in n warm oond vir ongeveer 1 uur gaan braai.
Braai die hoender in die pan vir so 2-3 minute aan elke kant. Skep uit in n aparte bakkie en braai nou jou ui, knoffel en peper in dieselfde pan totdat die ui deurskynend lyk. (so 3 minute). Sit nou die hoender terug in die pan en gooi die tamatie sous mengsel oor die hoender. Maak seker jy bedek al die hoenderstukkies. Sit nou jou pan in die oond en braai die hoender vir ongeveer 1 uur.
Hou n ogie op die hoender dat dit nie brand nie, en elke nou en dan kan jy van die sous in die pan weer op die hoender skep.
Bedien met my heerlike aartappel gebak en bietjie tamatieslaai aan die kant.
Geniet!!
- Prep Time: 20 Minute
- Cook Time: 90 Minute
- Category: Hoender
- Cuisine: Afrikaans