Ingredients
- 4 Meduim Aartappels
- 1 Ui, dun gesny
- 100g Kaas van jou keuse
- 200ml Melk
- 200ml Room
- 1 Pakkie spek, lekker bros gebraai in klein stukkies
- 1 Pakkie Royco Potatoe Bake
Instructions
Voorverhit oond op 190 grade Celcuis. Rasper nou die kaas. Meng nou die melk en room in n glashouertjie saam met die pakkie “Royco Potatoe Bake”.
Smeer n oondvaste pan met bietjie botter en pak die aartappels in lae, lekker teenaanmekaar. Strooi nou die uie en gebraaide spek stukkies eweredig oor die eerste laag aartappels.
Nou vir die kaas – strooi die kaas lekker eweredig oor die spek stukkies en pak dan weer n laag aartappels bo-op. Geur met sout en peper. Gooi die laaste gerasperde kaas oor die aartappels. Meng gou weer die melk mengsel en gooi dit oor die aartappels in die bak.
Bak vir ongeveer 20-30 minute totdat die aartappels lekker sag is, en die kaas lekker bruin gebraai.
Bedien die aartappel gereg op saam met n heerlike hoender gereg, soos ons Morocan Hoender (wat binnekort gepubliseer sal word).
- Prep Time: 15 Minute
- Cook Time: 30 Minute
- Category: Aartappels
- Cuisine: Afrikaans