Ingredients
- 250g Botter of Margarien
- 2 koppies Suiker
- 2 Eiers
- 1 Koppie Maple Stroop of gewone stroop
- 2 eetlepels Gemmer
- 3 teelepels koeksoda wat jy in 2 eetlepels melk aangemaak het
- 6 koppies koekmeel
- knertsie sout
Instructions
In jou menger, klits die botter en suiker lekker saam en gooi dan die eiers een vir een by. Gooi nou jou stroop en gemmer by. Meng die koeksoda met die melk en gooi dit ook in die konkoksie.
Sif nou die 6 koppies meel by en meng goed, en wella! Jou deeg is reg om koekies uit te druk. Maak seker jou oondplaat is lekker met botter gesmeer sodat jou koekies nie vassit nie en rol ballies met jou hand palms. Jy kan dan die balletjie n bietjie plat druk met n vurk, of as jy baie kreatief voel, rol die deeg uit en druk sterretjies uit. Bak in die oon op 180 grade vir so 10-15 minute tot lekker bruin. Geniet saam met jou gunsteling tee of koffie.
- Prep Time: 20 Minute
- Cook Time: 10 Minute
- Category: Koekies
- Cuisine: Afrikaans