Ingredients
Vir die Tert:
- 1x koppie suiker
- 3x eiers
- 1t bakpoeier
- 1/4 koppie melk
- 2x e sagte botter
- 1x koppie koelmeel
- knippie sout
- 1x blik appels
Vir die Sousie:
- 2x koppies melk
- 3/4 koppie suiker
- 5ml vanilje
Instructions
Voorverhit die oond op 180grade. Spuit n oondvaste glasbak goed met spray en cook (staan liewers voor n oop venster, anders gaan jy op n high gaan voor die tert in die oond is :-).
In n menger, gooi jou suiker en botter in en meng goed. Gooi nou die eiers een vir een by terwyl jou menger die storie meng. Voeg dan die koekmeel, bakpoeier en sout by. Nou is dit die melk se beurt. Meng goed.
Gooi die beslag in jou oondvaste glasbak en pak jou appels bo-op die mengsel in jou bak. Bak nou die tert vir ongeveer 40-50 minute. Wanneer jy n mes in die middel van die tert druk, en die mes kom skoon uit, beteken dit jou tert is gaar – dan kan jy hom uit die oond haal.
Maak solank n lekker sousie op die stoof in n potjie. Gooi al die sous bestandele in die potjie en kook totdat alles lekker opgelos is. Goeie raad: moenie wegloop van die stoof en jou potjie alleen los nie, want die suikerige storie loop so vinning oor en dan is dit letterlik n tamaletjie op die stoor. Hou die sous baie fyn dop!
Wanneer die tert reg is en uit die oond kom, gooi dadelik die suiker sousie oor die tert en los vir n rukkie om lekker in te trek. Bedien met room of roomys!!
- Prep Time: 20 Minute
- Cook Time: 40 Minute
- Category: Tarts
- Cuisine: Afrikaans