Ingredients
Pampoen Koekie Beslag
- 1 Koppie Gekookte Pampoen
- 1 Koppie Koekmeel
- 2 Teelepels Bakpoeier
- 1 Eier
- 2 Groot Lepels Stroop
- 1/4 Koppie Melk
- 1/2 Teelepel Kannel
- Bietjie Sout
Karamel Sous
- 2 Groot Lepels Botter
- 1/2 Koppie Goue Stroop
- 3/4 Koppie Suiker
- 1 Teelepel Vanilje
- Bietjie Sout
Instructions
Meng al die bestandele goed saam vir die pampoen koekie beslag. Verhit dan n lekker pot of braaipan met genoeg olie om die koekies diep te braai en skep lepels vol beslag in die warm olie. Braai lekker tot jou koekies goudbruin is. Dreineer nou die koekies op n kombuispapier en hou eenkant.
Verhit nou n potjie op die stoof en meng al die karamel sous bestandele in die potjie. Kook die konkoksie vir so 10 minute. Hou maar n ogie dat alles nie oorkook nie.
Gooi nou die karamel sous oor die pampoenkoekies en bedien!
- Prep Time: 10 min
- Cook Time: 20 min
- Category: koekies
- Cuisine: afrikaans