Print
clockclock iconcutlerycutlery iconflagflag iconfolderfolder iconinstagraminstagram iconpinterestpinterest iconfacebookfacebook iconprintprint iconsquaressquares iconheartheart iconheart solidheart solid icon
Romerye sampioen risotto, vol geurige sampioene en 'n sagte, romerige tekstuur, ideaal vir 'n smaaklike aandete

Heerlike sampioen risotto

Wat is lekkerder as n warm Sampioen Risotto gereg so op n reendag!  Hierdie geurige gereg is maklik om te maak en heerlik vullend!

  • Total Time: 45 Minute
  • Yield: 4 Servings 1x

Ingredients

·      2 e Botter

·      1/2 Koppie Ertjies

·      2 Koppies Sampioene

·      2/3 Brandewyn of Sherrie

·      6 Koppies Hoender Aftreksel

·      1/3 Koppie Wit Ui, in blokkies gesny

·      1 3/4 Risotto rys

·      1/3 Koppie Fyn Parmasan Kaas

·      2 e fyn Pietersielie

·      Sout & Peper

Instructions

Braai die sampioene en uie in n lekker groot pan op die stoof in die botter vir ongeveer 5 minute.  Voeg nou die brandewyn of sherrie by en kook vir ongeveer 4 minute.

 

In n ander souspan op die stoof, bring die hoenderaftreksel tot kookpunt en voeg dan die warm hoenderaftreksel saam met die sampioene in die pan.

 

Gooi nou net n halwe koppie rys & ertjies by.  Roer aanhoudend sodat die rys nie aan die kante vaskleef nie.  Gooi dan die res van die rys by (sodra die water inhoud in jou pan amper helfde is)  Die proses behoort so 25 minute te vat.  Die rys moet lekker gaar en klewerig wees.

 

Gooi nou die Parmesan kaas, sout en peper by en versier met pietersielie.  Bedien warm in n mooi bord.

 

  • Author: Minkie Du Toit
  • Prep Time: 5 Minute
  • Cook Time: 40 Minute
  • Category: Risotto
  • Cuisine: Afrikaans