Ingredients
- Botter vir braai
- 1x pakkie spek
- 1 koppie room
- 2 knoffel huisies
- 1/2 koppie pietersielie
- 1 suurlemoen
- klein tamaties vir versiering
- parmesan kaas
- 5 groot zucchinis
Instructions
Smelt bietjie botter in n pan en braai dan n pakkie spek lekker krispie. Gooi nou die spek en die vet in n bakkie en hou eenkant. Gooi nou bietjie room in dieselfde pan en laat dit kook vir so 10 minute.
Sny 2 knoffelhuisies lekker fyn en meng dit saam met n halwe koppie fyn pietersielie in n aparte mengbak met zucchini noodles. Versap een suurlemoen in die zoodles en meng goed.
Meng nou die spek stukkies met die room en gooi dan die zoodles saam in die pan. Meng goed. Bedien in n mooi slaaibak en versier met klein tamaties en gerasperde parmesan kaas.
- Prep Time: 10 Minute
- Cook Time: 15 Minute
- Category: Slaai
- Cuisine: Afrikaans