Voel jy partykeer dat die oorweldigheid jou van ‘n kant af tref?
Jy raak angstig oor die jaar wat verby is en oor wat volgende jaar dalk inhou?
Dis nogals ‘n algemene emosie die laaste tyd – so algemeen dat dit ‘n populêre onderwerp in my Coaching Praktyk geword het. Mense voel dood eenvoudig net angstig oor alles. Die eerste ding wat ek vir jou wil sê is dat jy nie alleen is nie. Baie mense voel so, veral in ons huidige omstandighede. En dis juis hoekom ek hierdie artikel skryf.
Maak Eers Jou Eie Beker Vol
Die beste wat jy vir jouself en jou geliefdes kan doen, is om eerste jou beker vol te maak, en seker te maak dat jy okay is, sodat jy jou beste vir jou geliefdes kan gee.
Ek weet dit klink dalk ‘n bietjie selfsugtig, maar dit is nie. Wanneer ‘n mens in ‘n vliegtuig is, sê die lugwaardin altyd vir jou om eerste jou suurstof masker aan te sit sodat jy jou kiddos kan help om hulle sin aan te sit, en dis baie waar in die lewe. Om mooi na jouself te kyk is deel van jou liefde vir ander.
8 Praktiese Wenke Teen Angstigheid
Gaan laai gerus die dokument af en plak dit sommer op jou yskas, waar jy dit kan sien:
1.    Neem ‘n tydjie vir jouself.
- 15 minutes met ‘n koppie tee alleen in die sitkamer is dalk al wat jy nodig het om jou sanity te behou! En dis okay om vir jouself ‘n bietjie tyd te gee.
2.    Identifiseer jou angs snellers
- Hierdie is ‘n grootte en help beslis wanneer jou kraag warm word. Vra jouself af:
- Wat is die onmiddelike emosie wat jy ervaar?
- Is dit dat jy kwaad is, angstig voel, of dalk teleurgesteld?
- Wat is dit wat jou nou eintlik onstel het?
- Hoekom reageer jy soos jy reageer?
- Wat is die sneller in die situasie?
3.    Beperk jou alkohol inname
- Ek weet, as mens oorweldig voel is ‘n glas wyn al wat help. Maar die realiteit is alkohol vererger net die angstigheid. Probeer liewers wegbly as jy angstig voel.
4.    Gaan stap ‘n entjie
- Vars lug doen mens altyd goed, en dit help om mens perspektief te gee.
5.    Luister na jou gunsteling musiek
- Ek stel altyd voor dat my kliënte ‘n speellys op hulle foon het vir wanneer jy lus is (of dit nodig het) vir opgewekte musiek. Spotify is my gunsteling toepassing!
6.    Vra jouself af “wat is die ergste wat kan gebeur”
- Hierdie vraag red lewens, regtig :-). Wat is nou eintlik die ergste wat kan gebeur? Dalk is die situasie net erger in ons gedagtes as wat dit regtig is.
7.    Bel ‘n vriendin vir ‘n lekker lag sessie
- Hier is waar jou speeddail handig inkom.
8.    Vat ‘n lekker stort en pak jou kaste reg
- Ek moet vir my ma die krediet gee vir al die swartsak sessies wat sy my geleer het. Die terapeutiese uitwerking van “de-clutter” is ongelooflik!
Voorentoe Kyk
Dis al die 17de Desember, en ek sien regtig uit na ‘n nuwe vars jaar met 365 geleenthede!! As jy dalk jou doelwitte wil beplan kan jy gerus my artikel Die beste 12 idees om jou doelwitte in 2021 te bereik (plus ‘n gratis aflaaibare freebie!) hier gaan lees.
Kom Ons Bly in Kontak!
- Luister na ons gewilde podcast “Minkie se Kombuis”
- Volg my op Facebook @minkiesekombuis
- Kontak my by minkie@minkiesekombuis.co.za
- Sluit aan by ons feelgood letters een keer per maand
Liefde, Minkie xx
#Angsigheid #Angs #MentalHealth #SelfCare #SelfLove #Coaching #EmosioneleWelstand #TydVirJouself #AngsHantering #Mindfulness #StressVermindering #PositieweDenk #JouBekerVolmaak #Wellness #GoeieGewoontes #LewerBesteVirJouself #MentaleGesondheid #AngsVerminder #Motivering #LekerLag #DeClutter #JouJaarBeplan


0 Comments