Print
clockclock iconcutlerycutlery iconflagflag iconfolderfolder iconinstagraminstagram iconpinterestpinterest iconfacebookfacebook iconprintprint iconsquaressquares iconheartheart iconheart solidheart solid icon
Pampoenkoekies met kaneel en suiker, mooi gestapelde op 'n bord.

Heerlike & Maklike Pampoenkoekies

Sielskos! Hierdie lekker Pampoen Koekies Resep vat mens sommer terug na Ouma se kombuis toe xx Lekker maklik en vinnig! Hoop jy hou daarvan 

  • Total Time: 30 min

Ingredients

Scale

Pampoen Koekie Beslag

  • 1 Koppie Gekookte Pampoen
  • 1 Koppie Koekmeel
  • 2 Teelepels Bakpoeier
  • 1 Eier
  • 2 Groot Lepels Stroop
  • 1/4 Koppie Melk
  • 1/2 Teelepel Kannel
  • Bietjie Sout

Karamel Sous

  • 2 Groot Lepels Botter
  • 1/2 Koppie Goue Stroop
  • 3/4 Koppie Suiker
  • 1 Teelepel Vanilje
  • Bietjie Sout

Instructions

Meng al die bestandele goed saam vir die pampoen koekie beslag.  Verhit dan n lekker pot of braaipan met genoeg olie om die koekies diep te braai en skep lepels vol beslag in die warm olie.  Braai lekker tot jou koekies goudbruin is.  Dreineer nou die koekies op n kombuispapier en hou eenkant.

Verhit nou n potjie op die stoof en meng al die karamel sous bestandele in die potjie.  Kook die konkoksie vir so 10 minute.  Hou maar n ogie dat alles nie oorkook nie.

Gooi nou die karamel sous oor die pampoenkoekies en bedien!

  • Author: Minkie du Toit
  • Prep Time: 10 min
  • Cook Time: 20 min
  • Category: koekies
  • Cuisine: afrikaans