Minkie se Geurige Thai Hoender Rys
Wie hou nou nie van n lekker warm hoender Thai ge-inspireerde ete nie? Ek gebruik Tastic se wilderys met stukkies hoender en goeie kwaliteit speserye saam met vars pynappel stukkies om die soet suur geur te versterk.
Die Soya sous saam met die ander spesiale bestandele, veral basielie kruid sorg vir n heerlike smaak. Probeer dit gerus vir iets anders vanaand
- Total Time: 40 Minute (ongeveer)
- Yield: 4 Servings 1x
Ingredients
· 3x Groot Lepels Oyster Sous
· 2x Groot Lepels Vis Sous
· 1x Teelepel tafel suiker
· 1/2 Koppie Olyf Olie
· 2x Koppies gaar Tastic Rys
· 4x Knoffelhuisies, gekap
· 4x Soetpepers (klein)
· 1/5kg Hoenderborsies, in blokkies gesny
· 1x Rooi Ui, fyngesny
· ½ Koppie Basielie Kruid, Fyngekap
· ½ Koppie Selery Blare, Fyngekap
Instructions
Sny die volgende bestandele en hou eenkant in ‘n glasbak:
o Soet pepers in lank repies
o Grasuie in klein wielietjies.
o ½ Koppie Basieliekruid
o ½ Koppie Seldery Blare
o 1x Rooi uie, fyngekap
Meng nou die sous in n aparte glasbakkie en hou ook eenkant (Oyster Sous, Vis Sous, Suiker, Knoffel & Olie)
Braai die hoenderstukkies in n warm pan met n bietjie botter of olie vir ongeveer 3 minute.
Gooi die groente en pynappel by en roer gedurig deur. Gooi nou die sous by bietjie vir bietjie en roer goed.
Prut die spulletjie vir ongeveer 6 minute en voeg dan die gekookte rys by.
Sit dadelik voor in n mooi bordjie.
Opsioneel:
Dis altyd lekker om bietjie kasjoeneute (of soos ons dit ken, cashews) by te gooi voordat jy dit opdien.
- Prep Time: 20 Minute
- Cook Time: 20 Minute
- Category: Hoender
- Cuisine: Afrikaans